28 Sandpiper
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 17 Mei 2024 tot 13 Jun 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 28 Sandpiper, St. Lucia Estuary, 3936, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R900R765 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
28 Sandpiper is in St. Lucia, 'n kusdorpie wat deel van die iSimangaliso Vleilandpark vorm, en bied selfsorgverblyf op die eienaar se perseel. Gaste kan kies tussen 2 aparte woonstelle wat ideaal is vir gesinne.
Die eerste woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens onderskeidelik. Elke slaapkamer het 'n badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is 'n kombuis wat vir selfsorg toegerus is en 'n braai-area buite.
Die tweede woonstel het 'n solderarea met 2 slaapkamers en 'n badkamer, 'n kombuis en leefarea op die grondverdieping. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die kamers deel die badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.
Beide woonstelle het lugversorging en 'n TV met DStv. Gaste kry gratis WiFi, daar is 'n gemeenskaplike swembad en gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.
'n Sonkragstelsel is onlangs geïnstalleer en beide woonstelle trek voordeel daaruit.
As u 'n ywerige strandhengelaar is, dan is Mei tot Augustus die ideale tyd om elwe en ander roofvis vanaf die strand te vang.
As u 'n natuur liefhebber is, is St Lucia die ideale plek om u vakansie te beplan. Verskeie staproetes, voelkyk, walvis ritte, e- bike ry op die strand asook fatbiking toere word aangebied.
Vir die boothengelaars is daar ook daagliks diepsee visvang beskikbaar.
Cape Vidal is 'n natuurliefhebber se paradys. Daar is verskeie voels, renosters, buffels, olifante en luiperds , asook bokssoorte te sien..
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Marita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 28 Sandpiper, St. Lucia Estuary, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 28 Sandpiper het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 28 Sandpiper, St. Lucia Estuary, 3936, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom