21 Flamingo House
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Flamingolaan 21, , 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 626 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
21 Flamingo House is 'n lieflike vakansiehuis in Yzerfontein, 'n uur se ry van Kaapstad af. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende en dit is stapafstand van die strand af.
Dié dubbelverdiepinghuis is geskik vir 10 gaste en het 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Die ruim hoofslaapkamer is op die boonste verdieping, en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en die gesinsbadkamer gebruik. Die vyfde slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die hoofleefarea is op die boonste verdieping en het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetarea met sitplek vir 8 gaste, en 'n sitarea met 'n slim-TV met Netflix en DStvNow asook 'n kroegarea met 'n ingeboude braai. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser in die opwasarea toegerus. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar.
Daar is nog 'n kombuisie en 'n sitarea met 'n TV op die onderste verdieping, asook 'n kuierarea met 'n pizza-oond. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond en 'n koffiemasjien toegerus. Die balkon op die boonste verdieping het 'n lieflike see-uitsig, buite-etenstafel, ingeboude braai en 'n Jacuzzi.
Slaapplek
’n Bespreking by 21 Flamingo House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Mariaan Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 331
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Flamingolaan 21, , 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink 21 Flamingo House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Flamingolaan 21, , 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom