Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 5026 resensies.
"Hermanus is ... beautiful, classy, & unique, with lots of arts & crafts, and food & wine. The town has a great vibe!"
"Klein dorpie langs Hermanus. Stil, rustig met 'n winkelsentrum naby. Hermanus dorp so 6 km weg en dus maklik bereikbaar. Ons het self walvisse van die balkon gesien."
"Ons het op Maandagaand na die seefront gestap en baie ander toeriste ook daar aangetref wat die see dopgehou het op soek na tekens van walvisse. Ons was dankbaar om verskeie walvisse te kon sien. Ons was baie dankbaar vir die goeie huisvesting wat ons deur middel van LekkeSlaap kon bespreek."
"Dit is stil, maar na genoeg aan Hermanus. Die strandmeer is uitstekend vir klein kinders."
Fisherhaven, Suidkus Walvisroete
LagoonAndSea"Sal beslis weer daar gaan uitspan en dan alle paadjies uitstap en ook op die rivier gaan roei. Dit is naby 'n hele aantal besienswaardighede."
"Hermanus het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n top-bestemming vir toeriste van heinde en ver. Veral buitelandse toeriste is gaande oor Hermanus. En natuurlik is dit ook die beste plek naby aan Kaapstad om die Suidelike Noorkapper-walvisse van die land af te sien."