OceanDune Stunning and Modern Apartment
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Mei 2024 tot 31 Mei 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Heleza Boulevard 2, Eenheid 215 OceanDune Sibaya, Hillhead, Ballito, 4320, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 700R1 445 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
OceanDune Stunning and Modern Apartment is 'n selfsorgwoonstel in die veilige OceanDune Sibaya-ontwikkeling aan die noordkus van KwaZulu-Natal, omring deur die Hawaan-woud. Die casino is sowat 1,5 km ver.
Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-oopplanbadkamer met 'n stort, 'n bad, 'n wasbak en 'n toegeboude toilet. Hierdie slaapkamer het sy eie deur wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Albei slaapkamers het ingeboude kaste.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n wasmasjien toegerus. Daar is ook 'n etenstafel en stoele van soliede hout. Die sitarea is gerieflik met 'n platskerm-TV, sekere DStv-kanale en WiFi. Die leefarea het 'n skuifdeur wat na 'n onderdakbalkon met 'n hangstoel en 'n hoë ontbyttafel met 2 stoele lei.
Vanaf die balkon kan gaste die kinders op die grasperk voor dophou, of die uitsig oor die groot swembad geniet. 'n Aangewese parkeerplek is beskikbaar.
OceanDune Sibaya bied 2 gemeenskaplike swembaddens, 2 plonspoele vir kinders, 'n speelarea vir kinders, 'n gimnasium en toegang tot die strand. Dit is baie veilig met biometriese sekuriteitstoegang, 'n hekhuis met 'n wag en 'n valhek, 'n elektriese heining en geslote-kringtelevisie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Becki Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 16
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Heleza Boulevard 2, Eenheid 215 OceanDune Sibaya, Hillhead, Ballito, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink OceanDune Stunning and Modern Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hillhead KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Heleza Boulevard 2, Eenheid 215 OceanDune Sibaya, Hillhead, Ballito, 4320, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom