- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langstrand 1, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R2 378 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Die luukse Nieuview Cottages is in Paternoster geleë, een van die oudste vissersdorpies aan die Weskus, net 145 km noord van Kaapstad. Die area spog met 'n hele rits doendinge, soos voëlkyk, sowel as kajakvaart, vlieërbranderry, snorkel, skubaduik en voetslaan. Dis die perfekte bestemming vir gaste wat die besige stadslewe wil agterlaat.
Verblyf is beskikbaar in 3 privaat eenhede. Hierdie eenhede is verbind en rondom 'n pragtige gemeenskaplike sitkamer gebou. Daar is ook 'n gemeenskaplike sonkamer-swembad.
Nieuview Cottage 1 het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kothuis het 'n see-uitsig.
Nieuview Cottage 2 het slaapplek vir 2 gaste. Dit het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die kothuis het ook 'n see-uitsig.
Dolphin's Rest het weer slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n koninggrootte-bed in die een slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die eenheid het net 'n gedeeltelike see-uitsig vanaf die privaat stoep.
Al die eenhede het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, elektriese ketel, koffiemasjien, Nespresso, broodrooster, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, verwarmer, sambreel, strykyster en strykplank, 'n kluis en 'n haardroër.
Die eenhede word daagliks skoongemaak. Geriewe op die perseel sluit 'n plonspoel met sonstoele, 'n braai-area, 'n slim-TV en WiFi in.
Nabyegeleë doendinge sluit perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, bergfietsry en swem in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Naomi Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 117
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Langstrand 1, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Nieuview Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbank Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langstrand 1, Paternoster, 7381, Wes-Kaap