La Palma C12
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 14 Jun 2024.
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Diaz-strand Boulevard, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R900R810 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Dié woonstel is in Diaz-strand op die Tuin- en Walvis-roete geleë. Dit is tussen Mosselbaai en Hartenbos in 'n sekuriteitskompleks met volledige toegangsbeheer en sekuriteit.
La Palma C12 is op die eerste verdieping en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, en die tweede kamer het 'n dubbelbed en enkelbed. Die badkamer beskik oor 'n stort en die kombuis is volledig toegerus met 'n wasmasjien, mikrogolfoond, stoof, oond en yskas. Die kompleks het 'n area waar wasgoed opgehang kan word. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die leefarea, hoofslaapkamer en balkon bied uitstekende see-uitsigte, en jy kan hoor hoe die branders breek, terwyl jy 'n vleisie oor die kole gooi op die ingeboude braai op die balkon. Die leefarea het 'n TV met OpenView. DStv-toegang is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. DStv Explora sal ongelukkig nie werk nie.
Koopkrag is vir die gas se eie rekening.
Die strand, Waterworld en geriefswinkel is ongeveer 100 m vanaf die perseel. Die Langeberg Mall is net 1,5 km van die woonstel af. Die La Palma-kompleks is see-front met 'n privaat hek wat toegang bied na die strand.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Tharina Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 306
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Diaz-strand Boulevard, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink La Palma C12 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Diaz-strand Boulevard, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom