Droom jy van ’n vakansie wat jou laat voel of jy bo die gewoel van die alledaagse lewe sweef? Of is dit net hóógtyd om jou huis vir ’n romantiese nessie in die natuur te verruil? Dan het LekkeSlaap nét die ding vir jou ─ 15 hemelse houthuise op stelte met spogliggings in die Wes-Kaap!

Forest Valley Cottages, Knysna

Slaapplek: 2 – 6 gaste per eenheid
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Tussen die boomtoppe van die inheemse Knysnawoud
Spesiale geriewe: Jacuzzi, swembad, braaiplek, internet, kaggel, en masseer- en skoonheidsterapie
Doendinge: Voëlkyk, wynproe, fietsry, swem, bergfietsroetes, wildritte, perdry, kunsvlieg- en baarshengel, tennis en begeleide wandelpaaie

 

Platbos Log Cabins, Slanghoek

Slaapplek: 6 gaste per eenheid
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Langs ’n groot dam in die Slanghoekvallei
Spesiale geriewe: Swembad, braaiplek, internet, lugversorging en konferensiegeriewe
Doendinge: Perdry, visvang, kunsvlieghengel, swem en voetslaan

 

Plett Forest Cabins, Harkerville

Slaapplek: 2 – 9 gaste per eenheid
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Op ’n privaat plaas in die Harkerville-woud
Spesiale geriewe: Jacuzzi, swembad, braaiplek en balkon
Doendinge: Voëlkyk, voetslaan, fietsry en swem

 

Teniqua Treetops, tussen Knysna en Sedgefield

Slaapplek: 2 – 4 gaste per eenheid
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Tussen die boomtoppe van die inheemse Knysnawoud
Spesiale geriewe: Jacuzzi, swembad, speletjieskamer, braaiplek, internet en konferensiegeriewe
Doendinge: Voëlkyk, voetslaan deur die woud, bergfietsry en swem

 

Tsala Treetop Lodge, Plettenbergbaai

Slaapplek: 2 – 4 gaste per eenheid
Tipe: Hotel met restaurant op die perseel en etes ingesluit
Ligging: Tussen die boomtoppe van ’n oeroue inheemse woud naby Plett
Spesiale geriewe: Randvloeiswembad, kaggel, privaat dek, lugversorging, restaurant, wynkelder en biblioteek
Doendinge: Voëlkyk en swem

 

Brenton on Sea Cottages, Brenton-on-Sea

Slaapplek: 2 – 6 gaste per eenheid
Tipe: Semi-selfsorg met basiese geriewe
Ligging: Tussen die Indiese Oseaan en die westelike kop van Knysna se riviermonding
Spesiale geriewe: Swembad, braaiplek, internet en balkon
Doendinge: Voëlkyk, fietsry, visvang, perdry, voetslaan en swem

 

Cliffhanger Cottages, naby Knysna

Slaapplek: 2 gaste per eenheid
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Op die rand van ’n hoë krans in ’n beboste vallei met uitsigte op die Outeniekwaberge
Spesiale geriewe: Onderdak-dek, braaiplek, internet en kaggel
Doendinge: Voëlkyk, swem en voetslaan

 

Protea Farm, Montagu

Slaapplek: 4 – 17 gaste per eenheid
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Tussen die dennebome en naby ’n plaasdam in die Koovallei
Spesiale geriewe: Balkon, kaggel en braaiplek
Doendinge: Voëlkyk, begeleide wandelpaaie, swem en bergfietsroetes

 

ArendsRus Country Lodge, George

Slaapplek: 2 gaste per eenheid
Tipe: Lodge met restaurant
Ligging: In ’n lowerryke fynbostuin buite George
Spesiale geriewe: Swembad, braaiplek, internet, lugversorging en restaurant op die perseel
Doendinge: Voëlkyk, swem en bergfietsroetes

 

Moon Shine On Whiskey Creek, Plettenbergbaai

Slaapplek: 2 – 4 gaste per eenheid
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: In die inheemse woud naby Plettenbergbaai
Spesiale geriewe: Buitebraai, kaggel, internet, swembad en dek
Doendinge: Voëlkyk, swem, bergfietsroetes, vierwielmotorfietsry, perdry, wildkyk, tennis, wynproe en begeleide wandelpaaie

 

Antlers Country Lodge, Plettenbergbaai

Slaapplek: 2 – 4 gaste per eenheid
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: In ’n landelike omgewing langs ’n dam met uitsigte op die Outeniekwaberge
Spesiale geriewe: Swembad, kroeg, braaiplek, internet en houtbalkon
Doendinge: Swem, perdry en wynproe

 

Knysna Tonquani Lodge & Spa, Knysna

Slaapplek: 2 – 4 gaste per eenheid
Tipe: B&B én selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Versteek in lowerryke tuine net buite Knysna
Spesiale geriewe: Bederfbad, swembad, kaggel, braaiplek, lugversorging, internet, privaat stoep, spa, masseer- en skoonheidsterapie
Doendinge: Gholfspeel, dierreservate, voëlkyk en swem

 

Ballots Tree House, George

Slaapplek: 4 gaste
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Tussen die melkhoutbome in Ballotsbaai
Spesiale geriewe: Hoekbad, kaggel en braaiplek
Doendinge: Voëlkyk, wildkyk, swem, voetslaan en visvang

 

Eagle Falls Country Lodge, Uniondale

Slaapplek: 2 – 4 gaste
Tipe: Selfsorg met basiese kombuisgeriewe
Ligging: Op ’n werkende plaas aan die oewer van die Molenrivier tussen die Outeniekwa- en Kammanassie-berge
Spesiale geriewe: Swembad, braaiplek, kroeg en konferensiegeriewe
Doendinge: Voëlkyk, staproetes, bergfietsry, visvang, perdry, 4×4-roetes, volstruisplase, swem in die natuurlike poele, en abseil op versoek

 

Log Home, Yzerfontein

Slaapplek: 6 gaste
Tipe: Selfsorg met kombuisgeriewe
Ligging: Naby die strand in Yzerfontein
Spesiale geriewe: Buitebraai en kaggel
Doendinge: Voëlkyk, bergfietsry, voetslaan, watersport, visvang, wildkyk en blommekyk

 

Dié droomhuise en boomhuise bied sowaar iets wat in elke gas se smaak sal val. Het jy ’n gunsteling? Bespreek dan sommer nou jou wegbreek in die wolke!

Hooffoto: Cliffhanger Cottages