Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Limpopo

10 Gesellige Kuierhuise met Boma-braaiplekke

Die somer klop al aan die deur en Suid-Afrikaners regoor die land begin hul braairoosters en -tange afstof vir die eerste somerbraai, want daar’s darem niks só lekker soos ’n gesellige kuier om ’n reuse-braaivleisvuur, braaibroodjies en ’n smullekker skaaptjoppie nie! En met Erfenisdag wat wink, wys LekkeSlaap vir jou 10 kuierhuise met boma-braaiplekke waar […]

9 Luisterryke Lentebestemmings

Die tyd vir winterwegbreke is vir eers verby. Oor ’n paar dae is die lente in al haar glorie hier. LekkeSlaap het 9 van die mooiste lentebestemmings gaan uitsoek, so kom vier die nuwe seisoen by ’n prentjiemooi plek in jou provinsie! Gauteng Jakarandastad Elke jaar in September kondig duisende pers jakarandabloeisels die koms van […]

Kom uit onder die radar en gaan groen!

Voel jy soms vasgevang deur tegnologie? Die wêreldwye web slaap nooit nie. Facebook, Whatsapp, en Instagram is altyd wakker, en voor jy jou kom kry, is jy toegespin in ’n FOMO-kokon ─ al laai jy self niks op nie, maak die wete dat jy dalk iets gaan mis jou senuweeagtig. Wat van ’n wegbreek waar […]

9 Oorde met Hope Gesinspret

Benodig jy ’n blaaskans maar jou beursie en die kalender laat nie ’n lang vakansie toe nie? Raak die jongspan al kriewelrig in Jan Tuisbly se karretjie? Moenie bekommer nie, LekkeSlaap het die kuur! Ons weet van nege oorde reg oor die land waar jy ’n sielsverkwikkende naweek kan deurbring met tonne pret vir die hele […]

15 Troukapelle so rég uit ’n sprokie

Of jy nou al van kleins af droom van ’n intieme troue, of uiteindelik ’n kans neem op die liefde (selfs vir ’n tweede keer), LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike kapelle waar jy en jou geliefde die eed kan sweer. Mik jy vir die berge, die wingerde of die bos? Sê “ja!” in een van […]

Ons kitsgids tot SA se SANParke

Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en  beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die […]

Besoek Suid-Afrika se 10 Bekendste Grotte

Is jy ’n avonturier wat hou van klim en klouter? Dan is ’n wegbreek na ons mooie land se bekendste grotte perfek vir jou. As jy hulle een vir een op jou emmerskoplysie wil afmerk, val dié artikel so reg in jou kraal. Hier is alles wat jy van Suid-Afrika se 10 bekendste grotte behoort […]

15 Betowerende Woudwegbreke in Limpopo

Rooikappie, Sneeuwitjie en die Slapende Skoonheid ─ wat het dié sprokies in gemeen? Woude, natuurlik! As jy al ooit gewonder het waarom soveel sprokies in woude afspeel, is dit hoogtyd dat jy jou eie feëverhaal met ’n woudwegbreek bewaarheid. Die goeie nuus is dat jy nie noodwendig al die pad Tuinroete toe hoef te piekel […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem