Maak die daaglikse geswoeg by die werk jou moeg? Of wil jy dalk net jou en jou liefling bederf? Lees dan verder, want LekkeSlaap het ses spoggerige wynplase gekies waar jy in weelde kan slaap, topwyn kan proe én heerlike spa-behandelings kan geniet!

Santé Hotel & Spa, Paarl

’n Opwindende avontuur wag op jou by Santé Hotel & Spa. Hulle het ’n restaurant waar jy aan heerlike maaltye kan smul, aan ’n skemerkelkie kan teug, of jy kan net jou spa-pantoffels aantrek en heeldag by die Bakwena Deluxe Spa ontspan. En as jy daarna nog nie huis toe wil gaan nie, bespreek sommer nou slaapplek in een van hulle topgehalte-suites.

Santé Hotel & Spa bied ook:

 

Cascade Country Manor, Paarl

As jy van olywe hou, wag Cascade Country Manor net vir jou! Dié pragtige wynplaas wemel van olyfbome en jy kan selfs aan ’n paar olywe knibbel en ’n glasie wyn by die restaurant geniet. Maar dis nie al nie! Jy kan ook van kop tot tone by die plaas se lieflike spa bederf word. So, as jou spiere al styf en seer is, kliek hier om ’n spa-behandeling te bespreek. Maak jou besoek aan die spa ook sommer deel van ’n welverdiende naweekwegbreek deur ’n paar aande in een van hulle luukse kamers te bespreek.

Ander doendinge op die plaas sluit in:

 

WedgeView Country House & Spa, Stellenbosch

WedgeView Country House & Spa is ’n vyfsterhotel en bied verskeie luukse kamers en suites wat hul eie stories vertel. Hier kan jy ook aan hul befaamde Kontinentale buffet-ontbyt smul of jou japon aantrek vir ’n onvergeetlike spa-ervaring. Kliek hier om n behandeling te bespreek. En as jy nie na al die pamperlang wil huis toe gaan nie, kliek gerus hier om jou verblyf te bespreek!

Hier kan jy ook:

 

Erinvale Estate Hotel & Spa, Somerset-Wes

Erinvale Estate Hotel & Spa is ’n historiese Kaaps-Hollandse woning met verblyf in verskeie kamers waar jy ’n salige nagrus kan geniet! Dié hotel is ook die ideale plek om van jou werkstres ontslae te raak deur ’n massering by die spa te bespreek. Loer gerus hier na die behandelings en kliek hier as jy ’n paar nagte wil oorslaap.

Dié hotel bied ook:

 

Lanzerac Hotel & Spa, Stellenbosch

Dié spoggerige plaas is al meer as 325 jaar oud en bied vyfsterverblyf in ruim kamers en suites waar jy ’n uitsig oor ontwerperstuine, eindelose groen wingerde en die majestueuse Helderberg kan geniet. Lanzerac het ’n restaurant en deli, maar is ook landswyd bekend vir hulle topspa. So, waarvoor wag jy? Kliek hier om ’n behandeling te bespreek en hier vir jou droomverblyf. 

Lanzerac Hotel & Spa bied ook die volgende:

 

Boschendal, Franschhoek

As jy van die plaaslewe hou, is ’n besoek aan Boschendal ’n móét! Dié spogplaas dateer uit 1685 en word omring deur welige tuine, wingerde en asemrowende berge. Kom ontspan by hul spa, hou piekniek op die gras en slaap oor in verskeie luukse kothuise. Loer gerus hier, en besluit op jou spa-kuur. Bespreek jou verblyf ook nou! Ja dis reg, maak gou!

By Boschendal kan jy ook:

 

Daar het jy dit ─ bespreek sommer nou jou volgende spa-wegbreek op een van dié spoggerige Wes-Kaapse wynplase!

Hooffoto: Lanzerac Hotel & Spa (foto verskaf)