Wisteria Cottage
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kantoorstraat 22, Haenertsburg, 0730, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 700 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Wisteria Cottage is in die bekoorlike dorpie Haenertsburg geleë wat grens aan die Louis Changuion-staproete en beskermde grasveld. Die omliggende area is bekend vir sy bergagtige skoonheid en volop voëllewe. Haenertsburg is op die R71 geleë, sowat 'n uur se ry van die Krugerwildtuin af. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n gesin wat wil wegbreek vir 'n paar stil dae.
Hierdie selfsorgkothuis het plek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en een gedeelde badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n sitkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die veranda beskik oor 'n kombuisie met 'n vrieskas-yskas, vierplaat-gasstoof met 'n elektriese oond en 'n mikrogolf. Al die nodige breekware, eetgerei, linne en handdoeke word voorsien. Braaigeriewe is beskikbaar, so gooi gerus 'n vleisie op die vuur terwyl jy sit en kyk vir die luisterryke sonsondergang.
Die kothuis is stapafstand van die dorp af waar jy lekker kan rondsnuffel in die oulike winkeltjies of 'n koffie en 'n ete kan nuttig by een van die restaurante of die "pub". Gaan koop gerus jou kruideniersware en 'n bottel wyn op die dorpie. 'n OTM is ook beskikbaar vir jou gerief. Buitelugliefhebbers kan heerlik visvang (forel en baars), stap, perdry, bergfietsry en gholf speel in die nabygeleë dorpe Tzaneen en Polokwane.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lesley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 62
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Kantoorstraat 22, Haenertsburg, 0730, Limpopo
- Gaste dink Wisteria Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Haenertsburg Magoebaskloof Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kantoorstraat 22, Haenertsburg, 0730, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom