Umbabala Bush Camp
- Kapasiteit: 57 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 427, Moedwil, Rustenburg, 0315, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R360 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Umbabala Bush Camp is 'n selfsorg-oord op 'n wildplaas in 'n landelike bosveldgebied.
Die paaie by die eiendom is klipperig en stamperig - eerder geskik vir 4x4-motors. Kleiner motors kan wel gebruik word, maar gaste moet verkieslik stadiger as 20 km per uur ry om skade te voorkom.
Daar is 7 selfsorg-chalets en 1 gesinseenheid, sowel as 'n kampeerterrein met 'n onderdakbraai-area. Daar is 'n klein plonspoel op die perseel wat beide gaste en die wild kan gebruik.
Die chalets het grasdakke en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die kombuisie is met 'n ketel, broodrooster en yskas toegerus. Die eenhede het elk 'n en suite-badkamer en daar is ook 'n privaat braai-area.
Die gesinseenheid is ideaal vir 2 gesinne en bied slaapplek aan 9 gaste of 'n groot groep. Dié eenheid het 3 kamers. Kamer 1 en 2 akkommodeer 3 gaste en het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Kamer 2 beskik oor sy eie toilet en wasbak. Daar is ook 'n ekstra aparte badkamer met 'n bad en 'n toilet, en kombuis. Kamer 3 het 3 enkelbeddens met 'n toilet en wasbak. Die baie informele sitkamer het 'n kaggel. Die lapa het 'n ingeboude braai.
Die kampeerterrein is geskik vir selfversorgende veldwaens en 4x4-karavane. Dit is ideaal vir besoekers wat daarvan hou om in die bosveld te kampeer. Die ablusieblok het 1 toilet en 2 storte.
Daar is geriewe beskikbaar vir rampartytjies, familiefeeste en selfs kinderpartytjies. Spyseniering kan op versoek voorsien word.
Geniet die voetslaanroetes, wild- en voëlkyk. Die wild word nie ingeperk deur heinings nie. Die beste wildbesigtiging is te voet. Perdry is op versoek beskikbaar.
Daar is 'n kiosk op die perseel met basiese geriewe. Gaste moet hul eie linne en handdoeke saambring, maar dit kan ook teen 'n addisionele koste gereël word.
Umbabala Bush Camp is op die Wysfontein pad, 40 km van Rustenburg en 55 km van Sun City af geleë.
Kenmerke
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.8/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Plaas 427, Moedwil, Rustenburg, 0315, Noordwes
- Gaste dink Umbabala Bush Camp het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 57 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 427, Moedwil, Rustenburg, 0315, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom