Thirsty Falls Nature Retreat - Lavender
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 34, Wagenpadspruit-plaas, Rustenburg, 0346, Noordwes
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R2 173 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Thirsty Falls Nature Retreat - Lavender is op die suidelike hange van die Magaliesberge geleë en is 25 km buite Magaliesburg en 35 km voor Rustenburg. Hierdie kothuis bied gerieflike selfsorgverblyf en word deur die natuur omring.
Dié kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die leefarea sluit 'n etenstafel, gemaklike rusbanke en 'n kaggel in. Die kothuis lei na 'n stoep met braaigeriewe en buitesitplek.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike eko-viendelike swembad wat plante bevat wat die water skoon hou. Daar is 'n gemeenskaplike lapa met 'n wonderlike uitsig waar gaste kan voëlkyk. Gaste kan ook die plaas se staproetes benut om natuurskoon te geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
jenny Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 63
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Erfdeel 34, Wagenpadspruit-plaas, Rustenburg, 0346, Noordwes
Sien meer verblyf in Rustenburg Noordwes
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 34, Wagenpadspruit-plaas, Rustenburg, 0346, Noordwes
- Geen kinders onder 18