The Place
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Place lê aan die einde van 'n privaat pad in 'n pragtige, afgeleë vallei in die ongerepte Klein-Karoo, tussen Ladismith en Riversdal.
Verblyf word in 2 selfsorgkothuise gebied en albei is heeltemal privaat en losstaande, ver van die hoofhuis en van mekaar af. Elke eenheid het sy eie plonspoel op die stoep. Goedgemanierde troeteldiere is welkom op versoek. Slegs The Studio het WiFi.
The Studio is semi-oopplan en het 'n dubbelbed en 'n rusbank vir 'n klein kind in die privaat slaapkamer. Daar is 2 enkelbeddens in die sitkamer wat as dagbeddens gebruik kan word. Die privaat en suite-badkamer het 'n warmwaterstort, toilet en wasbak. Daar is 'n kombuis met 'n yskas, oond en stoof, asook 'n eetarea met 'n kaggel en 'n dagbed vir 'n kind in die sonnige sitkamer. Geriewe sluit elektrisiteit, beperkte WiFi, 'n Bluetooth-luidspreker en beperkte selfoonontvangs in. Die stoepdeure lei na 2 privaat skadu-sitareas, die plonspoel en braai-area wat skouspelagtige sonsondergange bied. Daar is 'n skaduryke binnehof met sitplek, pragtige uitsigte en 'n hangmat, wat perfek is om die wintersonskyn te geniet, sterrekyk of 'n blaaskans te neem. Die eetarea se deure lei na die stoep waar gaste die sonsondergang kan geniet.
Red Rock Kothuis is in 'n privaat bos van akasiabome en is heeltemal privaat en afgesonder. Dit beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk. Elke slaapkamer het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n rusbank in elke slaapkamer, wat as slaapplek vir 2 kinders of volwassenes gebruik kan word. Die eerste slaapkamer het 'n kaggel en 'n klein, privaat stoep. Die oopplan-leefarea bekik oor 'n kombuis met 'n yskas, oond en stoof, asook 'n eetarea en sitarea met 2 ekstra slaapbanke vir kinders. Die deure lei na 'n stoep met braaigeriewe en ononderbroke uitsigte oor die omliggende velde en heuwels.
Die oopplan-leefarea beskik oor ’n kombuis met ’n gasstoof, ’n yskas en oorgenoeg stoorplek. Die glasstoepdeure in die eetarea lei na ’n buite-leefarea. Die rusbanke in die leefarea kan ook as slaapplek vir die kleinspan dien. Die losstaande kaggel waarborg warm, knus winteraande en die stoepdeure lei na ’n privaat braaiplek met sitplek buite, 'n plonspoel en braaigeriewe.
Gaste kan enige tyd van die bekende, varsgebakte olyf- en roosmarynbrood bestel. Die area is perfek om met 'n bergfiets te verken, so gaste kan gerus hulle eie fietse saambring. Gaan verken gerus die bekoorlike valleie, droë rivierbeddings, fossiele en die vreemde vetplante wat dié omgewing só uniek maak.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 62
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink The Place het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom