The Leadwood Safari Camp
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaallaagte-pad, Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Leadwood Safari Camp is in die hartjie van die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat geleë. Dit bied 'n unieke glanskampervaring wat die natuurlike elemente van die Afrika-bos en die gemak en gerief van 'n privaat eko-kamp bymekaar bring. Die uitsonderlike kamp is heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en bied selfsorggeriewe. Of jy nou op soek is na 'n wegbreek ver van die stad se gedruis, of 'n intieme natuurervaring, hierdie luukse, ronde tente is die ideale verblyfkeuse.
Die eko-kamp bestaan uit 5 glanskampeenhede wat elk slaapplek bied aan 2 volwassenes en 2 kinders onder die ouderdom van 12. Elkeen van die Glamp Site-eenhede het 'n koninggrootte-bed en 2 matrasse wat slegs vir 2 kinders geskik is. Elke glanskampeenheid het ook 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die Privaat Safari Camplet-eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Elke eenheid spog met 'n houtvuurwarmbad.
Elke eenheid het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die eenhede het ook elk 'n etenstafel, buitesitplek en 'n kaggel met braaigeriewe. Gaste het toegang tot gemeenskaplike geriewe insluitend 'n lapa, 'n swembad en parkeerplek.
Gaste kan of die oggend- of die middagwildrit in die Dinokeng Wildreservaat bespreek.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Nagportier
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jonathan Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 12 maande
Ligging
- Kaallaagte-pad, Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Gaste dink The Leadwood Safari Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaallaagte-pad, Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom