SeMoer
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rietvallei Muiskraal Plaas, Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SeMoer is 'n eksklusiewe bestemming ongeveer 35-minute se ry vanaf Potchefstroom in Noord-Wes. Die huis vorm deel van 'n plaas wat 2500 hektaar groot is, waar gaste die stilte en rustigheid van die omgewing kan geniet. Gaste kan op die plaas of in die velde stap of fietsry.
'n Bekende Suid-Afrikaanse skrywer se ou plaashuis is in 'n gasteplaas omskep waar verskeie verblyfopsies beskikbaar is. Die hoofhuis word as 'n geheel bespreek en beskik oor 5 slaapkamers, waarvan 3 en suite is. Die huis het 'n oopplan-kombuis wat gedeeltelik toegerus is en het 'n ruim sitkamerarea. Twee aparte eenhede kan ook bespreek word.
Gaste het toegang tot die kroeg en die kroegarea sowel as die outeur se studeerkamer wat ten volle toegerus is met leesmateriaal.
Die omgewing waarin die gasteplaas is, Muiskraal, is vol geskiedenis. Daar is ook verskeie doendinge in die omgewing soos Diggers-in, 'n kroeg ryk in prospekteerder-geskiedenis, enkelbaanpaaie wat ideaal is vir diegene wat bergfietsry geniet, Mooirivier-poele wat ideaal is vir visvang en 'n wildkykroete waar gaste skemerkelkies in die laat middae kan geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Lirie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 11
Jare op LekkeSlaap 5
Ligging
- Rietvallei Muiskraal Plaas, Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Gaste dink SeMoer het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Potchefstroom Noordwes
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rietvallei Muiskraal Plaas, Potchefstroom, 2520, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom