SeaView2die4
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Kreef Laan, Tergniet, 6520, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Dié vakansiehuis is op die Tuinroete in Tergniet geleë, 'n baie stil en rustige area. SeaView2die4 bied pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan vanaf die dek, slaapkamers, kombuis én leefarea. Die huis het gemaklike slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en is slegs 'n 5 minute stappie van die see af.
Die huis bestaan uit 4 slaapkamers en 3 van die slaapkamers het en suite-badkamers. Daar is 'n slaapkamer vir kinders sonder 'n badkamer. Die kinderkamer het 'n enkelstapelbed. Die kombuis is volledig toegerus met moderne geriewe insluitend 'n skottelgoedwasser en mikrogolfoond. Die oopplan-leefarea het 'n TV met DStv en 'n ingeboude braai/kaggel. Die leefarea lei na 'n houtdek wat 'n uitsig oor die pragtige see het.
SeaView2die4 is slegs 14 km vanaf Mosselbaai se middedorp, 25 km vanaf George Lughawe, 95 km vanaf Knysna en 82 km vanaf Oudtshoorn. Tydens walvisseisoen (Julie - November) kan gaste 'n walvisboot neem en tot so naby as 50 m van hierdie vriendelike see-reuse af kom. Of jy kan luilekker vaar reg rondom Robeiland met sy oorvloed (meer as 2000) robbe. Daar is verskeie avonture in die omgewing insluitend: wêreldklas-gholfbane, perdry, voetslaan, reksprong en 4x4- en vierwielmotorfiets-roetes.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 1 Kreef Laan, Tergniet, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink SeaView2die4 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Tergniet Groot-Brakrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Kreef Laan, Tergniet, 6520, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom