Sea and Lakes Self-catering Unit
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 3 jaar
Opsomming van Resensie
Susan L - Apr 2024
Algehele gradering
Dit is 'n baie gerieflike plekkie en die gasheer is baie vriendelik en behulpsaam.
Sea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Weereens wonderlike gaste wat ons kon geniet het en ons bly is dat hulle dit nie net hier geniet het nie, maar ook ons nabygeleë buurdorpe. Sal hulle graag met ope arms weer wil ontvang en dankie dat julle hier kom bly het.
Christine V - Jan 2024
Algehele gradering
Baie gemaklike oorslaapplek.
Sea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Dit is altyd baie aangenaam om sulke vriendelike gaste soos julle te kon verwelkom by ons selfsorg eenheid. Ons is bly dat jul dit hier geniet het en sal jul graag weer wil verwelkom in die toekoms. Voorspoedige jaar vir jul vorentoe. Vriendelike groete, Johan en Johlean.
Matthew B - Nov 2023
Algehele gradering
Relaxing and peaceful.
Sea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Dit was goed om jou hier te hê. Net jammer dat jy so besig was en ons nie meer lekker kon gesels. Ons is bly dat jy dit hier geniet het, en hoop jy sal eendag met jou gesin hier kom bly, net vir vakansie. Groete, Johan & Johlean
Beyers L - Nov 2023
Algehele gradering
As jy die plek wil boek om te gebruik as jou oornag om die area te verken, perfek.
Sea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Hallo Beyers, skoon vergeet om baie dankie te sê dat jy hier by ons was. Hoop dit gaan nog goed met jou en hoop werklik om jou weer te sien met die sport byeenkomste hier die jaar. Beste vir die Nuwe Jaar. Groete van Johlean.
Chanel M - Mrt 2023
Algehele gradering
Baie rustige atmosfeer met vriendelike eienaars.
Lees meerSea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Dit was nou so lekker en aangenaam om julle hier te hê.
Ek geniet dit altyd as ek sommer net met my gaste kan gesels en te sien hul geniet dit.
Dankie vir die lekker beskuit en strawberries.
Wanneer jul weer kom sal dit amazing wees om te hoor dat daar nou drie is.
Rensia C - Okt 2022
Algehele gradering
Naweekverblyf.
Sea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Dit was regtig lekker om jul hier te hê met jul vriendelikheid. Onthou net, jul geheim is my geheim. Geniet die mooie Swellendam.
Larry C - Sep 2022
Algehele gradering
Baie rustig.
Sea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Dit was goed om julle hier te hê en ons sien uit na 'n langer kuier, sodat julle meer van ons mooi omgewing kan verken.
Gerda N - Jul 2022
Algehele gradering
Die verblyf is 'n woonstel onder die oom en tannie se huis. Ons kon elke beweging hoor aan die onderkant. Ek verkies 'n rustige nagrus as ek met vakansie is. Maar met al die klanke van mense wat beweeg is dit moeilik.
Sea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Dit was werklik goed om jul hier te laat kon bly.
Jou man het vertel hoe n ontsettende ligte slaper jy is en dat die horlosie se battery uitgehaal moes word sodat jy aan die slaap kon val.
Ons is veral baie stil as ons gaste het en is verbaas oor die aanmerking.
Groete.
Willie M - Sep 2021
Algehele gradering
Heerlik rustig en besorgde eienaars.
Sea and Lakes Self-catering Unit se terugvoer
Dit was werklik goed om julle hier te hê en is so bly dat julle dit geniet het. Hopelik sal julle 'n bietjie langer bly die volgende verblyf.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dalsy-straat 1885, Kleinkrantz, Wildernis, 6538, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 8