SANParks Vhembe Wilderness Trails Camp
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R970 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Vhembe Wilderness Trails Camp is in die noorde van Suid-Afrika, aan die grens van Zimbabwe en Botswana geleë. Mapungubwe Nasionale Park is ryk aan geskiedenis, flora en fauna en die landskap dra plek-plek die tekens van antieke beskawings en die artefakte wat hulle gebruik het. Mapungubwe is in 2004 tot Nasionale Park en in 2003 tot UNESCO Wêrelderfenisgebied verklaar.
Vhembe Wilderness Trails Camp is 'n heininglose kamp wat slegs per 4x4-voertuig of 'n voertuig met 'n hoë-grondvryhoogte bereik kan word. Dit is in die oostelike deel van die Mapungubwe Nasionale Park, 13 km van die hoofhek af geleë. Vhembe Wilderness Trails Camp is op 'n klein rif in die vallei geleë en is stapafstand vanaf die Limpoporivier en Mapungubwe Heuwel.
Die kamp bied verblyf in 4 wildernishuisies. Die huisies bestaan uit seil en houtplanke, en het houtvloere, grasdakke en net voor die vensters. Die kamp werk op sonkrag en daar is nie kragpunte in die eenhede nie.
Die huisies deel 'n sentrale, gemeenskaplike kombuis wat met 'n gasstoof, yskaste, 'n braai-area, 'n waaier en 'n eetarea met stoele toegerus is. Daar is ook 'n gemeenskaplike lapa.
Mapungubwe se restaurant het 'n uitgebreide spyskaart en aandetes wat vooraf verpak word is beskikbaar op versoek. Ander geriewe by Mapungubwe sluit piekniekplekke, 'n dagbesoekersentrum, 'n uitkykplek by die samevloeiing van die Limpopo- en Shashe-riviere, 'n plankpaadjie tussen die bome, die Maloutswa-voëlskuiling. en 'n ouditorium wat ideaal is vir opvoedkundige groepe of klein konferensies met tot 50 afgevaardigdes in.
Die Mapungubwe Inligtingsentrum is 'n indrukwekkende gebou wat in 2009 die Wêreldgebou van die Jaar by die Wêreld Argitektuurtoekennings gewen het. Dit is ingerig as 'n huismuseum met verskeie artefakte wat by argeologiese opgrawingsgebiede gevind is. Inligting oor die park se fassinerende geskiedenis en biologie is ook beskikbaar by dié sentrum met kundige gidse wat besoekers deur die sentrum kan neem.
Kenmerke
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Thandeka Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 1245
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
- Gaste dink SANParks Vhembe Wilderness Trails Camp het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
- Geen kinders onder 18