Rooibos Luxury Bush Cottage
Kry 45% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 31 Mei 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Rooibosweg 555, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Geen kinders onder 18
-
Vanaf
R3 000R1 650 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Rooibos Luxury Bush Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige Afrika-styl kothuis slegs 70 km vanaf die Krugerwildtuin se Orpen-hek in die Hoedspruit Wildlandgoed geleë.
Rooibos Luxury Bush Cottage het sonkrag en tydens beurtkrag werk al die ligte, WiFi, die plafonwaaier en die yskas. Die stoof en geiser werk met gas.
Die ruim kothuis bied 'n uitsig oor die bosveld en het slaapplek vir 2 gaste in 1 lieflike oopplan-slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Daar is 'n aparte badkamer sowel as 'n kombuis en die en suite-badkamer het 'n binne- en buitestort.
Die ruim oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en gaste kan hul maaltye by die toonbank geniet. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien beskikbaar. Die leefarea het WiFi en lei na die onderdakstoep.
Die stoep het sitplek en 'n eetarea met 'n uitsig oor die swembad, wat eksklusief vir gaste se gebruik is. Daar is ook 'n braaiboma waar gaste lekker onder die Afrika-hemel kan kuier.
Die kothuis word deur groot bome soos maroela-, knoppiesdoring- en hardekoolbome omring. Wild op die landgoed sluit kameelperde, sebras, rooibokke, ystervarke, vlakvarke en duikers in. Dié kan ook op wildritte besigtig word. Duikers, vlakvarke en blou-ape besoek soms die kothuis, en daar is 'n oorvloed voëllewe.
Slaapplek
’n Bespreking by Rooibos Luxury Bush Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Portugees
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jenny Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Jare op LekkeSlaap 5
Ligging
- Rooibosweg 555, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Rooibos Luxury Bush Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Rooibosweg 555, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Geen kinders onder 18