Riviera Cottage
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 2 Mei 2024 tot 30 Mei 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riviera Plaas, Langs Waverenstraat, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R5 400R4 860 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Riviera Cottage is 'n plattelandse grasdak-selfsorgkothuis vir 6 gaste sowat 6 km buite Tulbagh. Dit is die ideale plek vir wegbreek, ontspan en rus in die skone natuur. Troeteldiere is welkom en veilig, want die kothuis is omhein. Daar is 'n perd en ander saggeaarde honde wat vrylik op die plaas rondloop.
Die knus oopplan kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 'n solderkamer, 2 badkamers, 'n kombuis en leefarea. Een van die kamers het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die solderkamer. Die tweede badkamer het 'n stort en 'n toilet. 'n Bababed, droogmaaktafel met toebehore, bad en eetstoeltjie is teen 'n ekstra koste beskikbaar indien vooraf gereël.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus. Die leefarea beskik oor 'n etenstafel en 'n kuierhoekie met kaggel/binnebraai waar gaste kan ontspan. Daar is ook 'n buitebraai met toebehore onder 'n wingerdprieël.
Die kothuis het 'n pragtige uitsig. Daar is ook 'n wandelpad op die plaas wat tot by die rivier loop, asook 'n heerlike warmbad by die braai-area.
Tulbagh en omgewing is ryk aan wynplase, wynproegeleenthede, restaurante en spa, asook doendinge soos stap-, voetslaan-, bergfiets- en perdry-roetes. Besoek gerus die welbekende Kerkstraat met historiese geboue en Oude Kerk Volksmuseum asook Tulbagh se uitgebreide kwekery en vele meer.
Slaapplek
’n Bespreking by Riviera Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Rina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Jare op LekkeSlaap 3
Ligging
- Riviera Plaas, Langs Waverenstraat, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gaste dink Riviera Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riviera Plaas, Langs Waverenstraat, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom