Potgieter's View
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kanferstraat 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R850R765 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Potgieter's View is 'n woonstel onder hoofhuis in Reebok met private ingang en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Hierdie woonstel is onder die hoofhuis op 'n woonerf geleë en het 'n paar trappe wat na die privaat ingang lei. Dit bied slaapplek aan 4 volwassenes of 2 volwassenes en 3 kinders en beskik oor 3 slaapkamers. Twee slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed. Daar is slaapplek vir 'n kind op 'n rusbank in die sitarea. Die eerste badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer is 'n en suite-badkamer in die tweede slaapkamer en het 'n wasbak, toilet en 'n stort.
Die kombuis is met 'n stoof, lugbraaier, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, breekware en eetgerei toegerus. Daar is geen oond nie.
Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank, 'n slim-TV met sekere DStv-kanale en YouTube, 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste hul maaltye kan geniet. Gaste kan ook gratis WiFi gebruik. Die woonstel het sonkrag en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Daar is lieflike privaat buitebraaigeriewe wat die gaste kan gebruik.
Veilige skadunet-parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Potgieter's View sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Rene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kanferstraat 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
- Gaste dink Potgieter's View het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kanferstraat 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom