Otters Creek
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Porterrylaan, Erfdeel 80 van Plaas 559, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Otters Creek is ’n selfsorgkothuis op 'n privaat erf tussen Buffelsrivier en Pringlebaai. Dié perseel bied rustigheid weg van die stad se gejaag. Gaste kan hier in die rivier swem.
Dié rustieke, dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en het 2 slaapkamers, 'n solder, 1 badkamer en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die solderkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die solderkamer het ook 'n gastetoilet en die badkamer op die onderste verdieping het 'n bad, wasbak en toilet. Daar is 'n ommuurde buitestort met warm water.
Die kombuis op die onderste verdieping is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, klein skottelgoedwasser en ander toebehore. Die oopplan-leefarea langsaan het 'n kaggel en lei na die tuin en rivierbank. Die tuin spog met 'n speelarea vir die jongspan en buitebraai in die skadu naby die rivier se oewer.
Parkeerplek is beskikbaar voor die kothuis. Otters Creek is sowat 3 km vanaf Pringlebaai se strand en sowat 71,7 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Slaapplek
’n Bespreking by Otters Creek sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Barbara Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Porterrylaan, Erfdeel 80 van Plaas 559, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Otters Creek het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Suidkus Walvisroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Porterrylaan, Erfdeel 80 van Plaas 559, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom