Oppi See
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 10 Mei 2024 tot 12 Jun 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Carina-weg 21, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R980R833 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Oppi See is 'n lieflike tweeslaapkamer-eenheid in Groot-Brakrivier wat gerieflik gemeubileer is vir 'n gesin van 4. Hier word jy saans aan die slaap gesus deur die see, en vroegoggend baljaar die dolfyne tussen die branders. Jy kan hulle maklik dophou van die balkon af. Augustus tot September kan daar ook Walvisse gesien word reg voor die huis.
Grootbrak se riviermond is 'n gewilde visvang- en swemplek, veral vir die jongklomp. Die eenheid is op die boonste verdieping geleë. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in die slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en mikrogolfoond. Gaste kan maaltye aan die etenstafel geniet, of buite op die balkon. Die lapa en braai is gesellig en hier kan na hartelus gekuier word. Die leefarea het 'n TV met die DStv EasyView-pakket. Gaste is welkom om hulle eie dekodeerder saam te bring. Die sitarea lei na 'n groot balkon met ongelooflike see-uitsig. Daar is trappe en 'n balkon, so klein kinders se veiligheid moet in ag geneem word.
Oppi See is net 150 m van die see af. Die swemstrand het in seisoentye lewensredders aan diens. Die Spar met Tops drankwinkel en die gewilde kuierplek De Dekke, Wimpy en ander geriewe is sowat 2 km hiervandaan. Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die omgewing soos visvang (vanaf die strand of diepseehengel vanaf Mosselbaai), staproetes in die berge, seilplankry in Wildernis, Die Kangogrotte in Oudtshoorn, Aarbeiplaas net voor George en meer.
Grootbrakrivier is sentraal geleë tussen Mosselbaai se hawe, Hartenbos met die ATKV en sy aktiwiteite, en George. Kom skop jou skoene uit en wandel op die pragtige, stil strand!
Ongelukkig laat ons geen troeteldiere toe nie.
Slaapplek
’n Bespreking by Oppi See sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Elsabe Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 54
Jare op LekkeSlaap 7
Ligging
- Carina-weg 21, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink Oppi See het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Southern Cross Groot-Brakrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Carina-weg 21, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom