Onze Rust
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harderstraat 1, Witsand, 6625, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Onze Rust bied knus selfsorg-vakansieverblyf op die boonste verdieping van die eienaar se huis in die hartjie van Witsand. Dit is ideaal vir 'n kuswegbreek aangesien die huis 'n pragtige see-uitsig het en boonop stapafstand van die strand is.
Die eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 2 gastetoilette. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die ander 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad, stort en wasbak. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Asook eie hout.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die oopplan-sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met DStv-toegang. Gaste moet hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Daar is Openview geinstalleer. WiFi word voorsien. Hierdie area het ook 'n eetarea waar gaste maaltye saam kan nuttig.
Buite is daar 'n lekker privaat binnehof met ingeboude braaigeriewe en 'n see-uitsig waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet.
Slaapplek
’n Bespreking by Onze Rust sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Mia Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 19
Jare op LekkeSlaap 6
Ligging
- Harderstraat 1, Witsand, 6625, Wes-Kaap
- Gaste dink Onze Rust het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harderstraat 1, Witsand, 6625, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom