Natures Valley Beach House
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: St Michaels-rylaan 35, Nature's Valley, 7130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 200 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Natures Valley Beach House is in Nature's Valley geleë, 'n luisterryke kusdorpie langs die Tuinroete. Dié huis word omring deur die Tsitsikamma Nasionale Park. Alhoewel die huis nie ’n see-uitsig of direkte strandtoegang het nie, is dit net 2 minute se stap van die strand en strandmeer af. Dit is ideaal vir gesinne en vriende wat op soek is na 'n puik vakansiebestemming.
Die huis bied slaapplek aan 9 gaste en het 4 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die tweede het 2 enkelbeddens. Die derde kamer het 'n driekwartbed. Die tweede en derde kamers deel 'n badkamer. Daar is ook 'n anneks met 1 dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en stoof. Daar is 2 sitareas en 'n onderdakdek wat na die inheemse woud front. 'n OpenView-TV, DVD-speler en DVDs is beskikbaar.
Die jongspan kan lekker in die tuin baljaar. Daar is ook 'n warm buitestort. Bring asb. jou strandhanddoeke saam. Daar is 'n lang onderkdakdek met 'n etenstafel wat sitplek het vir 12 gaste, asook 'n gemaklike sitarea.
Verken gerus die Tuinroete of sit en ontspan net rustig in die son. Die see, strandmeer, inheemse woud, fynbos en berge resoneer mooi met die salige atmosfeer van hierdie vakansiedorpie.
Slaapplek
’n Bespreking by Natures Valley Beach House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Kirsten Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- St Michaels-rylaan 35, Nature's Valley, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Natures Valley Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nature's Valley Stormsrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: St Michaels-rylaan 35, Nature's Valley, 7130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom