Mymering Wine & Guest Estate
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Dwarsrivierpad, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Mymering Wine & Guest Estate is op 'n werkende plaas in die Dwarsriviervallei geleë. Die plaas is ingewikkel tussen prentjiemooi wynlande, talle vrugteplase en die manjifieke Towerkopberg. Mymering is perfek geleë vir diegene op soek na 'n afgesonderde wegbreek in die middel van die ongerepte natuur.
Verblyf word aangebied in B&B- of selfsorg-eenhede wat elk uitstekende uitsigte oor die plaas en berge bied. Die suites het lugversorging en is baie luuks. Elke suite het 'n koninggrootte-bed, 'n gemaklike sitarea en kombuisie. Daar is ook 'n perfek ingerigte swembaddek wat strek van binne na buite.
Die grasdak-kothuis met lugversorging het 2 slaapkamers wat elk beskik oor hul eie en suite-badkamer. Die kombuis, eetarea en leefarea is oopplan het het Franse deure wat lei na 2 aparte stoepies. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en buitebraaigeriewe is beskikbaar.
Hierdie verblyf het 'n sonpaneelstelsel wat krag tydens beurtkrag voorsien.
Gaste is welkom om die talle voetslaan- en bergfietsroetes in die omgewing te verken, of deel te neem aan die avontuurlustige doendinge wat in die nabyheid aangebied word. Ons kan help met besprekings indien jy vierwielmotorfietsry, perdry of wildkyk wil uittoets.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Portier
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Penny Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Dwarsrivierpad, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink Mymering Wine & Guest Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein-Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Dwarsrivierpad, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom