Mykonos
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lamont Plaas 393, Johnsons Post, 31 km vanaf Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mykonos is 'n lieflike selfsorgkothuis wat op die werkende skaapplaas, Lamont, geleë is, 31 km buite Mosselbaai. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na 'n romantiese wegbreek van die stad se gewoel.
Dié privaat kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Warm water word deur 'n donkiel voorsien, wat op versoek deur die eienaars beheer sal word. Die sitarea het gemaklike sitplek vir ontspanning.
Buite is 'n onderdakstoep met sitplek, ingeboude braai en 'n privaat plonspoel. 'n Houtvuurwarmbad is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Die kothuis maak van 'n kragopwekker gebruik en indien dit opgebruik is, moet gaste self die petrol voorsien om dit weer te laat loop. Daar is ook lampe vir gaste wat verkies om nie van die kragopwekker gebruik te maak nie.
Die kothuis is 'n kort entjie vanaf die Gouritsmond en Vleesbaai-strande. Gaste kan ook buite-aktiwiteite soos voetslaan, fietsry en visvang in die Gourits-rivier geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Colleen Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 33
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Lamont Plaas 393, Johnsons Post, 31 km vanaf Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lamont Plaas 393, Johnsons Post, 31 km vanaf Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18