Memories Self-Catering @ 5 on Smith
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Memories Self-Catering @ 5 on Smith bied selfsorgverblyf in 3 nuwe semi-losstaande eenhede in 'n klein sekuriteitskompleks met toegangsbeheer in Oudtshoorn. Dis in die gewilde Wesbank-woonbuurt geleë en naby die Wesbank Laerskool. George Lughawe is net 61 km hiervandaan.
Daar is 3 eenhede genaamd Aloe, Karoo Rose en Spekboom wat elkeen slaapplek vir 4 gaste het. Elke eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n dakwaaier. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word (gaste kan dié opsie versoek) en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. 'n Haardroër is in elke kamer beskikbaar.
Elke kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, potte en ander kookgerei toegerus. Die leefkamers het elkeen 'n groot, gemaklike hoekrusbank en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gedurende beurtkrag hou 'n klein omsetter die ligte, TV en WiFi aan. Ongelukkig sal geen kragproppe tydens beurtkrag werk nie.
Die leefareas bied elkeen toegang tot 'n privaat stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n tafel met stoele sodat gaste die soel somersaande van die Klein-Karoo kan geniet. Elke eenheid het 'n outomatiese wasmasjien en 'n wasgoeddraad is in die tuin beskikbaar. Daar is ook vir elke eenheid 'n onderdakparkeerplek voor die voordeur of aan die kant.
Indien gaste op soek is na 'n plek om onvergeetlike vakansieherinneringe te maak of vir oornagverblyf tydens 'n sakereis of sporttoer in Oudtshoorn is Memories Self-catering die perfekte plek.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Cindy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Memories Self-Catering @ 5 on Smith het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom