Matjiesvlei Guest Farm
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matjiesvlei Gasteplaas, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Matjiesvlei Guest Farm bied 'n outentieke Karoo-verblyf in ses selfsorg-opstalle wat uit die 1800's dateer. Daar is 'n ryk familiegeskiedenis wat deur die huidige eienaar gedokumenteer is. Hierdie kothuise bied nie die gewone standaard-verblyf met WiFi nie, maar wel 'n nostalgiese wegbreekervaring met al die nodige geriewe. Daar is sagte komberse, handdoeke, breekware, eetgerei, potte en panne
Verblyf word in 6 selfsorg-eenhede gebied, naamlik Die Wa Huis, Huis Oppie Rant, Douglas Huis, Thiart Huis, Oupad se Kloof en Cloete Huis.
Dis 'n visvangparadys met 'n wye verskeidenheid visspesies, waaronder geelvis, swartbaars, palings en karper. Daar is ook wonderlike watergate, ideaal vir swem en roei. Die Bojaankop 4x4-roete neem jou tot aan die bopunt van Bojaankop vanwaar jy die ongelooflike uitsig oor die Klein-Karoo kan geniet. Matjiesvlei is ideaal geleë vir daguitstappies na Oudtshoorn met al sy toeristeaantreklikhede, die Tuinroete, Die Hel (Gamkaskloof) en die beeldskone bergpasse in die omgewing.
Gaste word na Matjiesvlei Guest Farm uitgenooi om terug te sit en te ontspan. Geniet die heerlike plaaslike wyn en die natuurskoon.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Selma Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 80
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Matjiesvlei Gasteplaas, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Gaste dink Matjiesvlei Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Calitzdorp Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matjiesvlei Gasteplaas, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom