Linaria Beach House
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Linaria-straat 2, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 950 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Linaria Beach House is 'n pragtige selfsorghuis in Britanniabaai, oorkant die strand, en bied pragtige see-uitsigte. Dit bied maklike toegang strande en verskeie besienswaardighede in die area, en is ideaal vir 'n gesinswegbreek of 'n seevakansie met vriende.
Dié huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dit het ook 'n TV en 'n stoep met gedeeltelike see-uitsigte. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 'n dubbelbed, sowel as 'n stapelbed het. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. 'n Derde stort en toilet is in die mtorhuisarea beskikbaar.
Die kombuis het 'n toonbank met kroegstoele, en is met 'n yskas-vrieskas, kisvrieskas, tweeplaatgasstoof, elektriese stoof, oond en mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien en tuimeldroër in die opwaskamer. Die ruim leefarea het 2 TV's met DStv en 'n kaggel wat ook dien as 'n braai-area. Die stapelbedkamer het ook DStv.
Gaste het toegang tot die swembad en 'n outomatiese dubbelmotorhuis, asook oorgenoeg parkeerplek buite. Daar is 'n buitestort met koue water wat gaste kan gebruik en 'n ingeboude buitebraai, asook as 'n draagbare braai. Die verblyf het 'n boma en 'n speelarea vir kinders. Gaste het ook toegang tot tafeltennis, 'n veerpyltjiebord, tafelsokker, bordspeletjies en 'n pooltafel.
Die huis het 'n omsetter in die geval van kragonderbrekings, 'n alarmstelsel met gewapende reaksie vir sekuriteit, en gratis WiFi.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Tina Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Linaria-straat 2, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Britanniabaai St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Linaria-straat 2, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom