La Maison on Main Self-catering
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 110A, Paarl, 7620, Wes-Kaap
- Vanaf R8 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
La Maison on Main Self-catering is in die Paarl se hoofstraat stapafstand vanaf restaurante en winkels geleë. Die villa dateer uit die 1900's, is met gemaklike meubels in warm, natuurlike kleure ingerig en spog met helder, plaaslike kunswerke wat te koop is. Stap gerus van kamer tot kamer om dié kuns te bewonder.
Die villa op die grondverdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n instapstort, bad, 2 wasbakke en 'n toilet en daar is 'n gastetoilet in die gang naby die swembad.
Die kombuis is met 'n dubbeldeur-yskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond en ander nodige toebehore toegerus. Ander geriewe sluit lugversorging in die slaapkamers, 'n eetarea, sitarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n slim-TV en WiFi in.
Die oopplanleefarea het 'n kaggel en lei na die agtertuin waar daar 'n 8 meter lange swembad, sonstoele, 'n buite-etenstafel en braaigeriewe is.
Die luukse villa spog met 'n asemrowende uitsig op die Paarl-granietrots en die omliggende berge. Elke meubelstuk in die villa is sorgvuldig gekies om aan hoë standaarde van diens, gehalte en styl te voldoen.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
- Privaat swembad
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lorretta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Hoofstraat 110A, Paarl, 7620, Wes-Kaap
- Gaste dink La Maison on Main Self-catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoog-En-Droog Paarl Boland Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 110A, Paarl, 7620, Wes-Kaap