Kuierbos Farm Stay
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg, Gouritzmond, 6696, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kuierbos Farm Stay is naby die kusdorp Gouritzmond, sowat 25 km vanaf Mosselbaai op die pragtige Tuinroete.
Die tentkamp bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n buitebad. Verder is daar 'n oopplan-sitkamer en -kombuis met 'n stoof, oond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die stoof, oond en geiser werk met gas. Daar is 'n gasbraai buite. Kragpunte om toestelle te laai is beskikbaar, maar haardroërs en ander toestelle wat met 'n element werk word nie toegelaat nie.
Die groter tentkamp bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het ‘n koninggrootte-bed en ‘n en suite badkamer met n stort, toilet en wasbak. Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens en deel n badkamer met stort, toilet en wasbak. Daar is ‘n gerieflike toegeruste kombuis met gasstoof, oond, yskas/vrieskas ,eetgerei en breekware. Daar is ‘n buite braai asook ‘n buite stort met warm en koue water.
Die plaas is die tuiste van 'n verskeidenheid bokke wat gaste van die stoep of kuierarea af kan dophou.
Gouritzmond het 'n winkeltjie vir basiese kruideniersware, 2 restaurante en 'n drankwinkel. Die plaaslike vishandelaar verkoop die vangs van die dag en daar is doendinge soos swem, bergfietsry, voetslaan, visvang, wandel, voëlkyk, wildkyk en walviskyk in die omgewing. Gaste kan ook net voor die oop vuur ontspan.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kusweg, Gouritzmond, 6696, Wes-Kaap
- Gaste dink Kuierbos Farm Stay het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg, Gouritzmond, 6696, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom