Kruisrivier Guest Farm
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N1, Kruis Rivier-plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kruisrivier Guest Farm is op 'n werkende plaas in die Breederiviervallei geleë en is die ideale wegbreekplek vir gaste wat 'n bietjie uit die stad wil ontsnap.
Kruisrivier Guest Farm bied verblyf aan 4 gaste in die Skoolhuis en 2 gaste in die Berg Hut.
Die Skoolhuis is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n privaat, aparte badkamer met 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus. Buite is daar 'n stoep en braaigeriewe. Let asb. daarop dat die eenheid nie 'n TV het nie en die plaas nie selfoonsein het nie.
Die Berghut is oopplan en het 'n dubbelbed en 'n warmwaterstort buite. Die kombuisie is met 'n gasplaat toegerus. Let asb. daarop dat die eenheid nie elektrisiteit het nie, maar lanterns word voorsien.
Kruisrivier Guest Farm bied verskeie doendinge, soos visvang, bergfietsry, swem in die dam en voëlkyk. Daar is ook verskeie diere te sien, soos skilpadspesies, springbokke, elande, swartwildebeeste, rooihartbeeste, steenbokke en meer as 180 voëlsoorte.
Daar is ook verskeie staproetes op die plaas en gaste kan gerus hul vierwielmotorfietse saambring mits dit vooraf gereël word. Troeteldiere is ook welkom mits dit vooraf gereël word. Wildritte is teen ekstra koste per uur beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Deon Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 18
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die N1, Kruis Rivier-plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Kruisrivier Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N1, Kruis Rivier-plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom