Kalkgat Avontuur Plaas
- Kapasiteit: 46 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kalkgat Avontuur Plaas, R27, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kalkgat Avontuur Plaas is net 7 km van Calvinia af in die Hantam-streek geleë en bied gaste die geleentheid om op 'n stil en rustige plaas te bly wat 'n diverse reeks doendinge bied.
Gaste kan kan een van die kamers in die huis of een van die kampplekke bespreek. Daar is 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 2 kamers wat elk 2 driekwartbeddens het. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Verder kan tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolf gebruik word, indien nodig.
Die 10 kampplekke is 'n paar meter van die huis af geleë en is rondom die dam gerangskik. Die ablusiegeriewe bestaan uit 'n stort en aparte toilet. Elektrisiteit kan op versoek voorsien word en daar is braaiplekke. Gaste moet asseblief hulle eie tente bring en opslaan en 4x4's met daktente is welkom.
Hout en ys kan met die gasheer gereël word. Hoewel ons nie Eskom-krag op die plaas het nie, is daar wel sonpanele, asook 'n kragopwekker indien nodig.
Kalkgat Avontuur Plaas bied besoekers 'n verskeidenheid doendinge: voetslaan en stap in die veld en in die berge, bergfietsry, vierwielmotorfietstoere teen 'n ekstra koste, pieknieks in die veld en berg, pragtige sonsondergange en sonsopkomste, braai onder die sterre en swem in die dam, afhangend van die hoeveelheid water wat beskikbaar is. Gaste kan gerus hul eie vierwielmotorfietse en bergfietse bring. Gaste wat gedurende blomseisoen kom bly, sal aangenaam verras wees as die hele Hantam in 'n tapyt van duisende blomme getooi word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.3/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kalkgat Avontuur Plaas, R27, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Gaste dink Kalkgat Avontuur Plaas het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Tankwa Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 46 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kalkgat Avontuur Plaas, R27, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom