Iwamanzi Game Lodge
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Watervalweg KZ10, Iwamanzi Privaat Wildreservaat, Koster, 0348, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R7 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Iwamanzi Game Lodge is 'n luukse wildplaas op 'n ongeveer 2000 hektaar-wildplaas van ongerepte bosveld in privaat besit. Dit is deel van 'n 16 000 hektaar-bewarea met 'n landigstrook. Iwamanzi beteken "plek waar die water val". DIe wildreservaat het verskeie bokspesies, renosters, seekoeie en buffels. Hier kan gaste Afrika in 'n klassieke safari-styl ervaar, net 2 uur se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg.
Iwamanzi Game Lodge het 5 luukse chalets en 'n hooflodge in 'n kloof met asemrowende uitsigte oor die Selonrivier.
Elke chalet het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en 'n privaat houtdek. Kamergeriewe sluit 'n haardroër, waaier en verwarmer, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, lessenaar en lamp in.
Die hooflodge het 'n kroeg, groot eetarea, 2 gerieflike sitareas, 2 kaggels, 'n beskutte dek bo, 'n laer dek met 'n vuurput en 'n sprankelende swembad met n uitspandek. Daar is 'n tweede vuurput op die rivieroewer waar gaste saam onder die Afrika-sterrehemel kan kuier. WiFi is in die hooflodge beskikbaar.
Verwelkomingsdrankies word met aankoms bedien. Smaaklike etes word deur die lodge se sjef in 'n Italiaanse en Suid-Afrikaanse styl voorberei. Goeie Suid-Afrikaanse wyne is ook beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Theresa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Watervalweg KZ10, Iwamanzi Privaat Wildreservaat, Koster, 0348, Noordwes
- Gaste dink Iwamanzi Game Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Watervalweg KZ10, Iwamanzi Privaat Wildreservaat, Koster, 0348, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom