Inibos Selfsorg
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Phillips Plaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R875 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Inibos Selfsorg is op 'n Karooplaas in die Drie Susters-omgewing geleë wat heeltemal omring word deur die natuur met vars lug, rustigheid, uitstekende Karoo-sonsondergange en warm gasvryheid. Die area is gewild onder diegene wat tussen Johannesburg en Kaapstad op die N1 reis.
Inibos spog met 'n vintage karavaan wat vanuit Duitsland ingevoer is en omskep is in 'n luukse selfsorg-eenheid met 'n sondek. Daar is ook 2 permanente tente met 'n pragtige uitsig oor die Karoo-vlaktes.
Die gemeenskaplike kuierarea met kombuis, eet- en braaiplek is die perfekte plek om ander reisigers te ontmoet. Kombuisgeriewe sluit 'n gasplaat, gasyskas, breekware en eetgerei in. Hier kan gaste 'n tradisionele braai onder die Karoo-sterre geniet.
Saans kan gaste sterrekyk en braai en bedags fietsry of die wandelpaaie gaan aandurf. Hier kan kinders die natuur in 'n veilige omgewing leer ken. Heerlike piekniekmandjies kan op versoek voorsien word om die pragtige sonsondergang vanaf 'n Karoo-koppie te besigtig. Inibos het ook n lieflike swembad tussen die rotse van die rivier.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Elzanne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 97
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Phillips Plaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
- Gaste dink Inibos Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Drie Susters Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Phillips Plaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom