Grand Central Guesthouse Rustenburg
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: President Thabo Mbeki-rylaan 186A, Rustenburg, 0299, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R610 per nag, vir 1 mens
Beskrywing
Grand Central Guesthouse Rustenburg bied gerieflike B&B-verblyf in Rustenburg se middestad, net 'n paar blokke van die mediese geriewe, skole, besighede en woonbuurte af.
Ons het 25 pragtig versierde enkel- en dubbelkamers en kamers met slaapplek vir 3 of 4, met goeie ventilasie en lugversorging. Al die kamers het en suite-badkamers met 'n stort of 'n stort en bad. Elke kamer is toegerus met 'n kombuisie en 'n TV met DStv. Linne en handdoeke word voorsien en gaste het toegang tot 'n swembad, braaigeriewe en veilige parkeerplek. Daar is ook spa-geriewe met 'n volledige liggaamsmassering teen buitengewone sakpas-tariewe.
Rustenburg lê in die Magaliesberg se skaduwee in 'n omgewing met 'n groot verskeidenheid besienswaardighede, soos Sun City, die Kgaswane Wildreservaat, Groot Marico Park en die bekende Pilanesberg Wildreservaat. Al hierdie besienswaardighede kan maklik vanaf Grand Central Guesthouse Rustenburg bereik word.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Jackie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 28
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- President Thabo Mbeki-rylaan 186A, Rustenburg, 0299, Noordwes
- Gaste dink Grand Central Guesthouse Rustenburg het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Rustenburg Town Rustenburg Noordwes
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: President Thabo Mbeki-rylaan 186A, Rustenburg, 0299, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom