Garden Route Lekkerte Le Vallia
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Carnationstraat 3, Levallia, George, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 050 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Garden Route Lekkerte Le Vallia is 'n bekoorlike kliphuis en bied selfsorg-akkommodasie aan gaste wat George besoek. 'n Winkelsentrum, gholfbane en veilige swemstrande is net 'n entjie se ry van die huis af.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 6 gaste en 3 slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer is op onderste verdieping, en suite en het 'n groot instap stort, en die tweede badkamer is apart op boonste vloer. Daar is 'n gastetoilet op die grondverdieping.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, 'n ketel en kooktoebehore. Verdere geriewe sluit in TV's met DStv in hoofslaapkamer, asook in die sitkamer. Daar is veilige parkeerplek en daar is 'n ingeboude braai-area in die motorhuis en daar is 'n buitebraai-area, 'n onderdak-kuierarea voor die motorhuis en die huis is beveilig met 'n alarmstelsel en afstandbeheermotorhek. Die eenheid bied 'n uitsig op die Outeniekwaberge vanaf die stoep.
Besienswaardighede in die omgewing sluit Tuinroete Botaniese Tuin, George se gholfklub, Heroldsbaai, Victoriabaai, Garden Route Mall en talle wynplase in.
Slaapplek
’n Bespreking by Garden Route Lekkerte Le Vallia sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Hier praat ons
- Afrikaans
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Maggie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 74
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Carnationstraat 3, Levallia, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Garden Route Lekkerte Le Vallia het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Carnationstraat 3, Levallia, George, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom