Felicita
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooiklippies-straat 1124, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 750R1 575 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Felicita is 'n bekoorlike selfsorghuis op Breedezicht Estate, in die kusdorpie Witsand, ideaal vir 'n klein gesin of groep vriende.
Dié huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 'n dubbelbed, sowel as 'n stapelbed vir kinders het. Gaste deel die gebruik van die tweede badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas en toonbank met stoele toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in die aparte opwaskamer. Die sitarea en eetarea het gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan en spog ook met 'n binnebraai. Daar is 'n slim-TV wat gaste toegang tot hul eie stroomplatforms gee. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n omheinde tuin en oorgenoeg parkeerplek. Hierdie verblyf het sonkrag en word nie deur kragonderbrekings geraak nie. Gaste kan die lieflike natuurskoon geniet, en kinders kan die 2 speelparke op die landgoed verken. Daar is ook 'n paadjie wat na die rivier lei.
Slaapplek
’n Bespreking by Felicita sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Anthea Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 137
Jare op LekkeSlaap 7
Ligging
- Rooiklippies-straat 1124, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooiklippies-straat 1124, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom