Dune Side Retreat
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Die Duin 9, Roland Kraynauw-straat, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 475 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Dune Side Retreat bied smaakvolle en luukse verblyf in ’n selfsorgwoonstel met ’n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan op Wildernis se ongerepte strand. Die woonstel is reg op die strand en het ’n privaat balkon waar gaste skemerkelkies kan geniet, met die asemrowende Afrika-sonsondergang in die agtergrond.
Die Dune Side Retreat bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n koningingrootte-bed, ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en ’n wasbak, en 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en ’n wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en lei na die balkon. Gaste in dié slaapkamer maak van ’n aparte badkamer met ’n bad, stort, toilet en ’n wasbak gebruik. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met ’n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en ’n broodrooster toegerus. Daar is ook ’n skottelgoedwasser, wasmasjien-tuimeldroër en ’n toonbank met stoeltjies. Die eetarea het ’n etenstafel vir 6, en die sitarea het ’n slim-TV met DStv. Daar is WiFi oral in die huis. Die leefarea lei na ’n balkon met ’n buite-etenstafel en -sonstoele, ’n uitsig oor die see, en gasbraaigeriewe.
Die eenheid is in 'n sentrale deel van Wildernis geleë. Dit is net 20 minute se ry van George Lughawe en 1 uur se ry van Plettenbergbaai af. Die oase is in die hartjie van die Tuinroete geleë, naby die dorpie waar daar uitstekende restaurante, ’n Spar en kunsvlytwinkels is. Kom geniet egte Suid-Afrikaanse gasvryheid in styl.
Slaapplek
’n Bespreking by Dune Side Retreat sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Louise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Die Duin 9, Roland Kraynauw-straat, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink Dune Side Retreat het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Die Duin 9, Roland Kraynauw-straat, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom