Diemersfontein Wine & Country Estate
- Kapasiteit: 44 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jan van Riebeeck Rylaan (R301), Wellington, 7654, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 070 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Diemersfontein Wine and Country Estate bied gastehuis-akkommodasie met skilderagtige uitsigte oor die Kaapse Wynlande in Wellington.
Daar is verskeie en suite-slaapkamers en ander eenhede met gedeelde badkamergeriewe. Die kamers is rondom die herehuis se manjifieke tuine of in een van ons 3 kothuise geleë en elkeen het sy eie kombuisie en veranda wat oor die ikoniese wingerde en plaasdam uitkyk.
Al die kamers en kothuise is gemeubileer in 'n gerieflike plattelandse styl en is ideaal vir dié wat privaatheid en onafhanklikheid verkies. Daar is 'n keuse tussen 'n enkelbed, dubbelbeddens of 2 enkelbeddens. Gaste kan gerus gebruik maak van die geriewe op die landgoed, wat nou in die derde generasie se besit is.
By Diemersfontein is jy verseker van 'n heerlike, rustige kuiertjie. Jy kan ontspan langs die swembad, perdry, piekniek hou, bergfietsroetes ry, gaan stap of wynproe. Die gewilde dorpe Franschhoek, Tulbagh, Paarl en Stellenbosch is binne 30/40 minute se ry van ons af. Diemersfontein dien as die ideale basis as jy die wynlande se besienswaardighede wil verken.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Arlene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Jan van Riebeeck Rylaan (R301), Wellington, 7654, Wes-Kaap
- Gaste dink Diemersfontein Wine & Country Estate het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Wellington Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 44 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jan van Riebeeck Rylaan (R301), Wellington, 7654, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom