Winelands Golf Lodges 21
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Winelands Golf Lodges 21 is 'n helder selfsorgwoonstel op die pragtige De Zalze Gholflandgoed in die hartjie van die Stellenbosch Wynlande en dit spog met 'n panoramiese uitsig oor die omliggende landgoed.
Die dubbelverdiepingwoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n aparte slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n etenstafel met sitplek vir 2 toegerus.
Die leefarea lei na 'n balkon met 'n tafel en stoele onder 'n sambreel, 'n Weber-braai en 'n uitsig oor die swembad. Dit is die ideale plek vir 'n koppie koffie of 'n skemerkelkie.
De Zalze Gholflandgoed het 'n pragtige, gemeenskaplike swembad en 'n restaurant wat 'n rits maaltye, van seekos tot fynproewers-burgers, bedien. Die Camelot Spa Wellness Centre bied ook 'n verskeidenheid behandelinge vir gaste wat op soek is na 'n bederf.
Slaapplek
’n Bespreking by Winelands Golf Lodges 21 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 652
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Strandweg, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom