- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R565, Pilanesberg, 2128, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R16 960 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Buffalo Thorn Lodge is 'n luukse, privaat lodge wat eksklusief verhuur word en slaapplek bied vir 10 mense. Die instansie is in die Black Rhino Wildreservaat geleë, wat net 30 km van Sun City af is in Noordwes. Dit is 'n lieflike, malaria-vrye area waar die Groot 5 en ander wild te siene is. Dit is die perfekte wegbreekplek vir groot gesinne of groepe wat nie gesteur wil wees deur ander gaste nie. Die lodge bied selfsorg-luukse in die bos.
Die lodge is 'n eksklusiewe en luukse plek met volledige skoonmaakdienste. Daar is slaapplek vir 10 mense in 5 uitmuntende en suite-slaapkamers. Ons bied ook 'n privaat veldgids en wildrit-voertuig, so kom deel in die luuksheid hier. Kies tussen 5 aparte chalets, waarvan 2 solderkamers het. Elke chalet het 'n buitestort, yskassie en sondek.
Die gemeenskaplike area sluit die volgende in: 'n volledig toegeruste kombuis, 'n leeskamer, 'n TV met DStv, 'n pooltafel, 'n gimnasium, 'n boma en braai-area, 'n skuiling, 'n dek met 'n swembad en buite-Jacuzzi. Die leefarea maak oop op die boma waar daar saans vuurgemaak word onder die kalm Afrika-hemel. Daar is ook 'n buite-eetarea en kroeg. Al is ons in die hartjie van die wilde bosveld, is die lodge volledig veilig en omhein met 'n geëlektrifiseerde grensdraad, so jou veiligheid is gewaarborg.
Die Black Rhino Wildreservaat is 1800 hektaar groot en skakel aan die bekende Pilanesberg Natuurreservaat wat ons volledige toegang bied tot hulle 55 000 hektaar. Ons is net 'n 2 ure en 45 minute se ry van Johannesburg af. Ons wonderlike paradys wag op jou! Buffalo Thorn Lodge is volledig toegerus vir selfsorg en die winkels is by Sun City, wat net 'n kort motorrit ver is.
Kom kuier saam met ons hier in die hartjie van die bosveld. Geniet die wildritte gedurende die dag aangesien jou wildbewaarder en voertuig daar is vir jou gebruik, of ontspan in die verfrissende swembad en Jacuzzi soos jy die sonsondergang aanskou. Jou genot en ontspanning is ons doelwit!
Buitemuurse doendinge, soos lugballonritte, boogskietery en vierwielmotorfietsry word nie ingesluit nie, maar kan by Sun City gereël word. Alle etes en drankies is ook nie ingesluit nie ons voorsien wel tee, koffie en suiker in die hoofkombuis en in die kamers.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jumari Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- R565, Pilanesberg, 2128, Noordwes
- Gaste dink Buffalo Thorn Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pilanesberg Nasionale Park Noordwes
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R565, Pilanesberg, 2128, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom