Avemore le Verger Rare Gem
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 9 Mei 2024 tot 1 Sep 2024.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Avemore at Le Verger, Devon Valley-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 690R1 437 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Avemore le Verger Rare Gem skuil in 'n skaduryke, groen en rustige hoekie van die Stellenbosch Wynlande en spog met 'n uitsig oor olyfboorde, wingerde en op die skouspelagtige Helderberge. Dit is in Devonvallei, net 6 km vanaf Sentraal Stellenbosch geleë.
Die slaapkamer het 'n gemaklike koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle Avemore-woonstelle is gesinsvriendelik en gaste is welkom om 'n bababedjie, -stoel en -bad aan te vra. Daar is voldoende parkeerplek agter 'n elektriese hek, 'n heining en 'n sekuriteitspan. Hierdie verblyf bied ook rugsteunkrag tydens beurtkrag.
Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskassie, induksieplaat, oond, Nespresso-masjien, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, ontbythoekie en 'n wasmasjien-tuimeldroër toegerus.
Avemore maak van 'n natuurlike watertoevoer gebruik en daarom het die water soms 'n effens ander kleur. Die water gaan wel deur 'n deeglike suiweringstelsel en is veilig om te gebruik.
Daar is 'n braai en 'n swembad en gaste kan die olyfboord en die asemrowende uitsigte geniet. Die verblyf het ook 'n lys van wonderlike wynplase en restaurante wat gaste kan gaan verken.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Elana Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 107
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Avemore at Le Verger, Devon Valley-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Avemore at Le Verger, Devon Valley-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap