Askham Chalets
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Staanplek 80, Askham, 8814, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Askham Chalets bied vrede, rustigheid en 'n ware Kalahari-ervaring in privaat kothuise waar gaste asemrowende sonsopkomste en sonsondergange kan bewonder terwyl hulle oor die sagte Kalahari-sand uitkyk.
Die gesinseenheid beskik oor 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die tweede een met 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n oond, 2 kookplate, 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n 200L-yskas toegerus. Alle eetgerei en breekware ook word voorsien. Daar is 'n braaigeriewe op die dek en die perseel is veilig en met 1,8 m-palisades omhein.
Die ander eenhede het elk privaat braaigeriewe, 'n badkamer en 'n kombuis. Elke eenheid het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Daar is ook 'n gemeenskaplike braai-area en plonspoel vir gebruik.
Die chalets beskik oor parkeerplekke met kragpunte vir die yskaste in voertuie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Aletta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Staanplek 80, Askham, 8814, Noord-Kaap
- Gaste dink Askham Chalets het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Askham Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Staanplek 80, Askham, 8814, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom