33 Longifolia
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Longifolia-weg 33, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 000R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
33 Longifolia is 'n moderne selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Paradyskloof, Stellenbosch. Die eenheid is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers op soek na gerieflike verblyf. Dit is ook baie geskik vir ouers wat kinders of studente kom afsien of besoek, gradeplegtighede, ens.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 aparte slaapkamer, kombuis, sitkamer en badkamer.
Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lugversorging, aanliggend tot die badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Koffie, tee, melk en beskuit word voorsien.
Daar is ook 'n eet-toonbank met stoeltjies. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV (Netflix beskikbaar). Gratis Wi-Fi is beskikbaar. Ons is semi-toegerus vir beurtkrag - die ligte bly aan en wi-fi is deurgaans beskikbaar. Met die gasstoof wat altyd beskikbaar is, is daar weinig impak tydens beurtkrag (lugversorger en TV onbeskikbaar).
Gaste het toegang tot 'n privaat balkon, braaigeriewe (Weber) en veilige parkeerplek op die perseel. Die woonstel is naby verskeie plaaslike geriewe insluitend winkels, restaurante, wynplase en die Stellenbosch Gholfklub.
Slaapplek
’n Bespreking by 33 Longifolia sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
André Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Maande op LekkeSlaap 6
Ligging
- Longifolia-weg 33, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink 33 Longifolia het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Paradyskloof Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Longifolia-weg 33, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom