Lagoon Terrace Apartment 19
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 8 Mei 2024 tot 31 Mei 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon Terrace 19, Gordonstraat 16, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 500R1 050 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Lagoon Terrace Apartment 19 is op die tweede verdieping in die middel van Knysna, sowat 7 km vanaf die Knysna-koppe geleë. Dit is ook naby Knysna Waterfront en verskeie winkels en restaurante.
Die netjiese woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n volledige kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping geleë en het 2 enkelbeddens, 'n bedkassie, lamp, klein balkon en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping geleë en het 'n koningingrootte-bed, bedkassies, lampe, 'n spieëltafel met 'n stoel en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Badhanddoeke en beddegoed word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n droograk, strykplank en 'n strykyster.
Daar is 'n klein etenstafel met stoele en dit lei na die knus sitarea met 'n rusbank, koffietafel en 'n platskerm-TV met toegang tot Netflix en Showmax. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Veilige kelderparkeerplek is vir 1 voertuig agter die elektriese hek beskikbaar. Herwinningsgeriewe is op die perseel in die kelder beskikbaar. Die woonstelblok se gemeenskaplike area word tydens beurtkrag met sonkragligte verlig.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Nicola Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- Lagoon Terrace 19, Gordonstraat 16, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Lagoon Terrace Apartment 19 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Knysna SSB Knysna Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon Terrace 19, Gordonstraat 16, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom