Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Witsand

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 672 resensies.

Witsand

The Whale Place

"Nella se winkel is ten volle toegrus met amper enige iets wat jy sal nodig hê. Daar is ook 'n opvulstasie vir brandstof."

Witsand

Bem Vindo

"Baie rustig en mooi. "

Witsand

Bem Vindo

"Was stunning to see so many whales."

Witsand

Duinesee

"Walvis en hengelparadys, as dit jou belangstelling is, andersins kan dit nie regtig as 'n toeriste-aantreklikheid beskou word nie."

Witsand

Breede 201

"Witsand is 'n baie duur dorp ek sal aanbeveel dat jy al jou kos en drankies vooraf koop en saamneem. "

Witsand

Ferdi-Sue Accommodation

"Te min eetplekke."

Witsand

Breede 201

"Our first time to Witsand, but definitely not the last. We have never seen so many whales in one place, and everywhere else I can think of one would have had to fight the crowds to see them."

Witsand

Seehuisie

"Ons het by verskeie restaurante geëet, maar hulle kos is werklik pateties. Geen oesters en vars vis beskikbaar nie, terwyl Witsand veronderstel is om daarvoor bekend te wees. So, as jy op Witsand gaan kuier, neem vir jou lekker vars vis, oesters en mossels saam uit die Kaap en vergeet van die restaurante."

Witsand

Die Opstalletjie

"Rustig en ongerep."

Witsand

Seehuisie

"Baie mooi, skoon en kon tonne walvisse sien!"

Witsand

@ The C right in front on the C

"Witsand, in my opinie, is 'n ongeslypte diamant. Die area se walvistelling is elke jaar hoër as Hermanus, en hulle spog as die 'whale nursery' van die kuslyn. Ons het dit inderdaad so beleef. Dis 'n klein kusdorpie, met 2 winkels, 'n klein kerkie, 2 restaurante teen die strand en vakansiehuise. Dit is verseker pretensieloos aan die ou kant, maar soos by meeste plekke is dit effens bederf met 'n nuwe landgoed ontwikkeling by die ingang van die dorp. Uit 'n ontwerpsoogpunt voel die dorpie effens perongeluk. Daar is min in die lyn van bakens, of enigiets wat as leidraad dien om jouself te oriënteer. In hierdie geval dink ek Witsand het potensiaal om 'n bestemmingsdorpie te word met egte bekoorlikheid. Witsand se mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en aangenaam, en trots op hulle dorpie. Ons sal verseker teruggaan."

Witsand

Suzys Accommodation

"Oulike, rustige plekkie langs die kus. Maar, mis 'n bietjie "magic" van ander kusdorpies soos Stilbaai of Arniston."

Witsand

Duinesee

"Just don't try fishing in Witsand in winter!"

Witsand

Rus 'n Bietjie

"Witsand is een van ons gunsteling vakansie bestemmings. 'n Plek waar die kinders hulself kan geniet weg van tegnologie af an waar ons kan rus. 'n Moet vir vissermanne, met n groot verskeidenheid van spesies en tussen die Breederivier en die oseaan is daar altyd 'n plekkie waar jy jou lyn kan gaan natmaak."

Witsand

Rus 'n Bietjie

"Vat alles saam. Die plaaslike winkels buit mense uit."

Witsand

Die Opstalletjie

"Definitief die plek om jouself af te sluit van die besige wêreld daarbuite."

Witsand

Pophuis - Beachfront Cottage in Witsand

"Definitief 'n goed bewaarde geheim vir walvisliefhebbers."

Witsand

Duinesee

"Witsand is pragtig en het die mooiste sandduine. Dis 'n salige plekke by die see en ons sal weer terug wees!"

Witsand

208 River Condo

"Pragtige bestemming."

Witsand

Die Opstalletjie

"Lekker klein kusdorpie. Het die voorreg gehad om 'n walvis met haar kalfie te sien."

Witsand

Barnacles

"Ek besoek dit enige tyd weer."

Witsand

Die Opstalletjie

"Witsand is oor 'n gewone naweek stil en rustig. Ons het ons verblyf baie geniet en sal definitief weer gaan. Enigste ding wat ek volgende keer sal doen is om seker te maak ek neem alles saam wat nodig is. Die winkels is so bietjie aan die duur kant en het ook nie alles wat 'n mens mag benodig nie, maar ons het die rustigheid geniet en kan dit aanbeveel."

Witsand

Barnacles

"Ek beplan om 'n vakansiehuis daar te koop."

Witsand

Suzys Accommodation

"Pragtige, rustige stranddorpie met lieflike strand en rivier."

Witsand

Ittledoo

"Baie skoon plek en sal vriende aanraai om te gaan besoek."

Witsand

Die Opstalletjie

"Rustige dorpie by die see. Mense almal vriendelik en groet mens. Die omgewing is mooi skoon en die seelug doen mens goed. Voel of ek 'n week daar was al was dit net die naweek. "

Witsand

Whale Watchers Inn

"Witsand is pragtig, maar definitief vir hengel. "

Witsand

Die Opstalletjie

"Pragtige plek."

Witsand

Fisantespoor

"Fotos so 'n bietjie misleidend met die dat jy teenaan jou bure is. Lekker binnebraai vir koue dae, maar vir somersdae sal die een man braai buite nie werk nie. Daar is fisies net spasie vir een mens om te braai."

Witsand

Barnacles

"Baie lekker blyplek. Vriendelike mense."

Blad
Blad 17 - Wys 481 tot 510
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem