Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Nieu-Bethesda

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nieu-Bethesda

Rated 4.6 out of 5 based on 766 reviews.

Nieu-Bethesda

Owlhouse Backpackers

"Die paaie in en uit Nieu-Bethesda is alles grondpad, en mens kan nie vinnig ry nie. Jy ry deur wildreservate so mens sien heelwat wild. Daar is terug nie 'n vulstasie of OTM nie, so wees voorbereid."

Nieu-Bethesda

Aandster

"'n Groot pluim in die dorpie se hoed is die feit dat 'n mens en jou eiendom veilig is."

Nieu-Bethesda

Starry Nights Guest House

"Nieu-Bethesda is 'n stil dorpie waar mens lekker sal kan uitrus, en sien ons beslis weer. Daar is 'n winkel op die dorp wat basiese kruideniersware voorsien, asook 'n hele aantal restaurante en eetplekke wat ons nie by kon uitkom nie. Daar is selfs 'n pizza eetplek! Die 24 km teerpad na die dorp, aan Graaff-Reinet se kant, word aanbeveel, en is toeganklik met 'n sedan motor. Die laaste 5 km is wel grondpad, maar dis in 'n goeie toestand. Ry stadig sodra jy vanaf die grootpad afdraai en geniet die uitsig."

Nieu-Bethesda

Outsiders B&B

"Verseker 'n bestemming om weer te besoek."

Nieu-Bethesda

Leonie's Guesthouse

"Pragtige dorpie met 'n unieke bekoring."

Nieu-Bethesda

Allemann se Huisie

"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."

Nieu-Bethesda

Starry Nights Guest House

"Ongelooflike klein dorpie met soveel om te doen. Die plaaslike gemeenskap is so gasvry en warmte straal uit elkeen van hulle. Baie veilig en net die regte plek om lekker te ontspan met goeie restaurante.veral die Art Centre het uitstekende etes. Die Uile Huis is 'n moet om te besoek asook die brouery en rooster ook sy eie koffie bone. Wonderlike klein Karoodorpie wat ek weer wil besoek."

Nieu-Bethesda

Outsiders B&B

"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."

Nieu-Bethesda

Starry Nights Guest House

"Pragtige dorpie, 'n moet besoekplek in Suid-Afrika. Kunstenaars mekka!"

Nieu-Bethesda

Nieu-Zebra

"We love Nieu-Bethesda! Such an atmosphere in the town, everybody so friendly, not to mention the peace and night sky! Great food and beer."

Nieu-Bethesda

Meerkat

"Beslis 'n besoek werd."

Nieu-Bethesda

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "

Nieu-Bethesda

Nagenoeg

"Oulike dorp met interessante inwoners."

Nieu-Bethesda

Starry Nights Guest House

"Baie oulike plekkie. Net jammer al die besighede het toe gelyk en kon ons nêrens ingaan vir 'n besienswaardigheid nie. Dalk die koue, maar next time."

Nieu-Bethesda

The Owl Nest House

"Dis wonderlik om so 'n juweel diep in die klowe te vind! Mens kan sien dat die inwoners baie moeite doen en kapitaal belê om die dorp lewensvatbaar te maak. Ons sal beslis weer daar aandoen."

Nieu-Bethesda

House No. 1

"Beste plek in die land om eenvoud te beleef, weg van alles en almal."

Nieu-Bethesda

Simone's Cottage

"Pragtige dorpie, maar mens word oorweldig deur die aantal eetplekke! 'n Algemene handelaar sal welkom wees (het een gesien, maar dit was nie oop nie)."

Nieu-Bethesda

Allemann se Huisie

"Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek."

Nieu-Bethesda

Starry Nights Guest House

"Pragtige plek met vriendelike mense."

Nieu-Bethesda

Die Kapokbosskuur

"Geen teerpaaie, geen straatligte! Moenie 'n stad verwag nie, dis rustig met geen gejaag of lawaai nie. Dis dié dorp waar mens weer met jouself kan vriende word! "

Nieu-Bethesda

Nieu-Zebra

"Die dorpie is pragtig en ek respekteer die inwoners vir hulle waagmoed om daar te bly. Die dorpie het vir seker baie uitdagings. Dankie aan die inwoners en besighede dat julle dit vir ons so lekker maak om Nieu-Bethesda toe te gaan. "

Nieu-Bethesda

Starry Nights Guest House

"Soos ons almal weet is Uilhuis 'n moet!. Die dorpie kan nie net in eendag ten volle beleef word nie. Gee jouself meer tyd om die besondere plek te verken met al sy restaurante en mooi natuur!"

Nieu-Bethesda

Mooiuitzich

"Die Tot Hier Toe Padstal net buite die dorp is 'n fantastiese stop om kos en ander dinge soos konfyt, blatjang, wors en aandenkings te koop. Die padstal dra by tot die plaas-gevoel van Nieu Beteshda. Nieu Beteshda is hemel op aarde."

Nieu-Bethesda

Die Kapokbosskuur

"Baie om te doen vir so klein plekkie."

Nieu-Bethesda

Simone's Cottage

"Dit is 'n lieflike dorpie en verdien 'n besoek. Die Uilhuis en fossiele is 'n moet. "

Nieu-Bethesda

Nieu-Zebra

"Baie oulike dorp, dit is n moet sien vir enige Suid Afrikaner."

Nieu-Bethesda

The Ibis Lounge

"Besonder uitsonderlike toeristebestemming."

Nieu-Bethesda

The Water Tower

"Die dorp self is pragtig en rustig, sal weer soontoe, maar by ander plek bly."

Nieu-Bethesda

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Baie mooi dorp met interessante huise."

Page
Page 21 - Showing 601 to 630
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote