Ngala Kulala Safaris
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 09:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Erfdeel 149, Buffelspoortplaas, Assen, 0149, Noordwes
- Vanaf R6 300 per nag, vir 14 mense
Beskrywing
Ngala Kulala Safaris is 'n wildplaas tussen Brits en Thabazimbi. Dit is 'n wonderlike stukkie bosveld en is ideaal vir die hele gesin.
Die verblyf sluit 2 eenhede in wat as 'n eenheid verhuur word en nie apart nie. Elke eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n stort het.
Daar is ook 'n gemeenskaplike lapa met oorgenoeg eetplek en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, eetgerei en breekware. Die lapa het 'n sitarea met 'n TV en DSTV.
Ngala Kulala Safaris het ook binne- en buitebraaigeriewe so gaste kan kies of hulle binne die lapa of buite onder die sterre wil braai. Gaste kan ook afkoel in die plonspoel.
Die plaas se grondpaaie is geskik vir bergfietsry en draf. Gaste sal ook rooibokke, blesbokke, sebras, blouwildebeeste, elande, koedoes en njalas te siene kan kry. Gaste kan in hul eie voertuie of op die plaas se wildkykwa rondry. Die Sandrivier kruis Ngala op 'n paar plekke en indien dit mooi vloei kan gaste dalk 'n paar visse vang.
Ngala Kulala het ook 'n wye verskeidenheid voëlspesies.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Jana Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 42
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Erfdeel 149, Buffelspoortplaas, Assen, 0149, Noordwes
- Gaste dink Ngala Kulala Safaris het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 09:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Erfdeel 149, Buffelspoortplaas, Assen, 0149, Noordwes